Ons eerste seunskrieketspan het Saterdag, 19 Oktober 2024, in die uitspeelrondte van die Noordvaalkompetisie teen Hoërskool Dinamika, in Alberton, te staan gekom.
Hoërskool Dinamika het die loting gewen en die Dallers gestuur om eerste veldwerk te doen. Na 40 beurte, en 338 lopies, slaag die Dallers daarin om al die spelers van Dinamika uit te boul. Jaco van der Westhuyzen, Christian Jordaan en Limni-Lu Heswick vat elk twee paaltjies, met Ethan Oosthuizen, Leeroy Alexander en Jaco Bouwer wat elk 'n paaltjie vat.
Die Dallers beleef 'n moeilike dag voor die penne, en kon slegs slegs 131 lopies na 30.2 beurte aanteken. Limni-Lu Heswick blink uit met die kolf en teken 76 lopies van slegs 44 balle aan, terwyl Jaco van der Westhuyzen 19 lopies van 22 balle aanteken.