•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Liske terug op die internasionale...

    Liske Lategan, deel van die klas van 2016, het die afgelope naweek haar terugkeer tot die internasionale rugbytoneel gemaak, toe sy vir die Suid-Afrikaanse Vroue Sewesrugbyspan uitgedraf het tydens die Afrika Vroue Sewestoernooi in Nairobi, Kenia. Die toernooi is van 15 tot 16 November aangebied en het die beste vroue-sewesspanne van die kontinent byeengebring.

  • Klas van 2025

    In ’n onsekere en onstabiele tydperk in die geskiedenis het julle in 2021 as verwarde graad 8’s deur die hekke van Hoërskool Ben Viljoen gestap - gepantser met ’n masker, ’n bottel ontsmettingsmiddel en ’n hart vol vrae. Julle het ’n wêreld betree wat anders gelyk het as die een waarvoor julle voorberei is: gange was stiller, glimlagte versteek, en afstand deel van die nuwe normaal. Maar tog het julle gestap - dapper, nuuskierig en bereid om aan te pas. Daardie eerste tree het reeds gewys watter soort matrieks julle eendag sou wees.

  • Uiltjies van 2026 verwelkom by die...

    Huis Cherié Meisieskoshuis en Boomhuis Seunskoshuis het Vrydagaand hul deure oopgemaak vir volgende jaar se Graad 8-Uiltjies. Hierdie spesiale oorslaap-aksie is jaarliks een van die hoogtepunte op die koshuiskalender, en het weereens bewys hoekom ons koshuise werklik ’n huis weg van die huis is.

  • Dallers besoek Laerskool Julian Muller

    In die gees van ware leierskap en skooltrots het drie van ons hoofleiers vanoggend ’n betekenisvolle besoek aan Laerskool Julian Muller gebring. Die doel van die besoek was eenvoudig, maar besonder waardevol: om die nuutverkose leiers van 2026 geluk te wens, hulle te bemoedig, en ’n brug van samewerking tussen die skole te versterk.

  • Lené op studenteraad van Isa Carstens...

    Ons is trots om te deel dat Lené Riekert, deel van die klas van 2020, onlangs verkies is tot die Studente Raad van die Isa Carstens Akademie. Hierdie besondere prestasie is ’n bewys van haar leierskap, toewyding en passie vir haar studieveld.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Op 21 Februarie 1947 is Hoërskool Ben Viljoen amptelik geopen. Ons vier dus in 2025 ons 78ste bestaansjaar!

 

 ONS GROEI MET GEESDRIF

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen, 'n parallelmediumskool in die hartjie van die Loskopvallei. Hier op ons pragtige natuurskoon terrein word ontmeetbare kreatiwiteit, effektiewe kommunikasie, ontelbare buitemuurse aktiwiteite en geesbou geleenthede aangebied om elke leerder sosiaal, geestelik en emosioneel te laat groei.

Deur die geskiedenis heen het die onderwys nog altyd twee vername doelwitte: Om leerders te help om wys op te tree en om hulle te help om goed te wees – en karakter is nodig vir beide. Om te beweer dat ons verantwoordelike burgerskap en ‘n burgerlike samelewing kan hê, sonder om eers goeie karakter te bou, is soos om te glo dat ons bome sonder wortels kan hê, of blomme sonder blomblare. Ons is baie trots op ons skool en sy ryk tradisie. By Ben Viljoen streef ons daarna om elke kind, in samewerking met die ouerhuis, akademies, fisies, geestelik en sielkundig voor te berei vir die lewe na skool. Ons is ook trots om te kan spog met ’n wye reeks van vakke, kultuur- en sport aktiwiteite en so ook verskeie dienste wat by die skool aangebied word om dit gemaklik te maak vir enige leerder om hom of haar by Ben Viljoen te vestig en gereed te maak vir die lewe na skool.

 

 'N PLATTELANDSE SKOOL MET DIE DINAMIKA VAN 'N STADSKOOL

Skoolonderrig is nie net meer 'n gegewe nie. Dit is 'n belegging in u kind se toekoms en u as ouer het die keuse oor watter skool as 'produk' die beste aan jou kind se behoeftes sal voldoen. By ons vorm die leerders, die personeel en die ouers die unieke hartklop van die skool. Akademie vorm die hoeksteen van ons skool en jou belangstellings en behoeftes is vir ons belangrik. 

 

 DIE TOEKOMS IS GROEN EN GOUD

Hierdie webblad vertoon as ‘n spieël wat aan die buitewêreld toon hoe ons skool lyk. Dit vertoon die lewe binne en buite die klaskamer op die gebiede van sport, akademie, kultuur en ander vorme van die skoollewe. Geniet die reis saam met ons en ontmoet die leerlinge, onderwysers en gemeenskap betrokke by die bou van 'n juweel in Limpopo.

‘N WAARDEGEDREWE SKOOL

RESPEK – VERANTWOORDELIKHEID – OMGEE – INTEGRITEIT – LOJALITEIT

Ons glo dat die nastrewing van hierdie waardes ons onderwysers, leerlinge en ouers beter kan toerus om suksesvol te wees in ons gemeenskap asook in die samelewing oor die algemeen. 

 ONS WERK-ONS EER

Hierin lê opgesluit die grondbeginsels van die opvoedkunde wat as fondament dien vir Hoërskool Ben Viljoen. Deur dit van dag tot dag te beoefen, uit te leef en na te streef, voldoen die hoof, personeel en leerlinge aan die hoogste roeping van die lewe. Ons sien met vertroue uit na die toekoms en roep elkeen toe om getrou te bly aan ons leuse 


Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2025 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Ondersteunersklub
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak