Afrikaans English
Sport

Hoewel Ben Viljoen 'n medium-grootte skool is, bied dit die omvang van sportsoorte aan wat by groot skole gevind word.  'n Groter persentasie van ons leerlinge kry blootstelling op eerste span vlak.  Die afrigting word deur onderwysers gedoen waarvan baie self provinsiale kleure het en/of provinsiale afrigting gedoen het.  Kundige afrigters wat nie aan die skool verbonde is nie, se hulp word ook ingeroep om verder te skaaf aan leerlinge se sportvaardighede.

Verskeidenheid Sportsoorte
Leerders kan in spanverband of individueel die skool verteenwoordig en aan ligas deelneem. Die volgende sportsoorte word aangebied:  Atletiek, Gholf, Hokkie, Krieket, Landloop, Muurbal, Netbal, Skyfskiet, Rugby, Skaak, Sokker, Swem enTennis.

Uitstekende Sportfasiliteite
Die fasiliteite bestaan uit vier rugbyvelde, twee hokkievelde, ses weervaste netbalbane, 'n krieketveld met vier oefennette, 'n stadion met plek vir 5 000 toeskouers, swembad en ses tennisbane.

Loskop Gimnasium
'n Wêreldklas gimnasium met opgeleide instrukteurs en hoë standaard toerusting is op die terrein geleë.  Spesiale tariewe vir leerders en sportoefenprogramme word ook aangebied.

Vallei Sportweek
Die skool bied jaarliks tydens die Aprilvakansie 'n sportweek aan.  Die week is telkens 'n groot sukses.  Afrigting word dan deur professionele afrigters aangebied.

Sporttoere
Sporttoere vind deurlopend plaas.

Afrigtingsklinieke
Vind deurlopend plaas met behulp van kundiges.