Afrikaans English
Ondersteunersklub

Die doel van die Ben Viljoen Ondersteunersklub is om oud-skoliere en -onderwysers by skoolaktiwiteite te betrek.

Die lede van die ondersteunersklub ontvang die volgende voordele:
•  Kaart met naam en van om by skoolaktiwiteite te toon
•  T-hemde, nou reeds beskikbaar
•  Gratis toegang tot alle tuis byeenkomste
•  Spesiale parkering tydens skoolfunksies en –aktiwiteite
•  Spesiale area op die hoofpawiljoen
•  Indien daar genoeg belangstelling is, sal daar ook ‘n ondersteunersbus
    wees na wegbyeenkomste (moet 30 lede wees)
•  E-pos aangaande belangrike gebeure en algemene inligting
•  Fondse uit die klub word nou aangewend vir verbetering van geriewe vir klublede 
   en sal later, as ‘n komitee gestig is, aan verdienstelike sake geallokeer word.

Ledegelde:
R 150  per jaar vir beide ouers

Daar is moontlik nog voordele in die pyplyn:
•  Afslag by sekere besighede in die dorp
•  Eie kuierplek by die sportgronde
•  Klubfunksies net vir lede

Hoe om aan te sluit:
Indien u belangstel om aan hierdie klub te behoort kan u die sameroeper mnr. Thinus Erasmus by 083 752 6721 kontak of alternatiewelik ‘n e-pos met al u besonderhede aan emarthinus@oldmutual.com stuur.  Meer voorstelle en idees is welkom!