Afrikaans English
Matriekuitslae 2009

Ben Viljoen behaal briljante matriekeksamen resultate in 2009

Nadat die Departement van Onderwys uiteindelik Vrydag 8 Januarie die Limpopo Matriekuitslae bekend gemaak het, is Ben Viljoen se uitstekende prestasies amptelik beaam. Hoërskool Ben Viljoen spog met ‘n slaagsyfer van 99,3% (1 leerling druip maar kwalifiseer vir die aanvullingseksamen), 126 onderskeidings en ongeveer 70% leerlinge het universiteitsvrystelling.

Die volgende vakonderskeidings en vakgemiddelde word behaal:
 -
Lewensoriëntering – 35 onderskeidings met ‘n gemiddeld van 70,2%
    (Mnr. Magnus Steyn en mnr. Rudi Viljoen)
 - Geskiedenis – 18 onderskeidings met ‘n gemiddeld van 78,6%
    (Me. Elsje Kruger)
 - Wiskunde – 12 onderskeidings met ‘n gemiddeld van 60,6%
    (Me. Christine Coetzee)
 - Wiskunde Geletterdheid – 7 onderskeidings
    (Me. Esmarie Coetzee en me. Liesel Viljoen)
 - Afrikaans Huistaal – 11 onderskeidings met ‘n gemiddeld van 68,5%
    (Me. Rina Greyling)
 - Engels 1ste Addisionele Taal – 14 onderskeidings met ‘n gemiddeld van 69,6%
    (Mnr. Philip Spangenberg)
 - Fisiese Wetenskap – 4 onderskeidings met ‘n gemiddeld van 53,6%
    (Me. Toelie du Preez)
 - Geografie – 4 onderskeidings met ‘n gemiddeld van 58,0%
    (Me. Karolien Euvrard)
 - Ingenieursgrafika en Ontwerp – 4 onderskeidings met ‘n gemiddeld van 62,3%
    (Mnr. Johan Cronjé)
 -  Visuele Kuns – ‘n vakgemiddeld van 67%
    (Me. Ria van Rooyen)

Die top presteerders se onderskeidings lyk soos volg:

   Willie Blignaut – 7 onderskeidings  

   Geskiedenis
   Afrikaans Huistaal
   Engels 1ste Addisionele Taal
   Wiskunde
   Fisiese Wetenskap
   Lewensoriëntering
   Visuele Kuns


   Kristien Gouws – 7 onderskeidings

   Geskiedenis
   Afrikaans Huistaal
   Engels 1ste Addisionele Taal
   Wiskunde
   Fisiese Wetenskap   Lewensoriëntering
   Rekenaar Tegnologie

   Braam Louwrens – 7 onderskeidings

   Rekeningkunde
   Afrikaans Huistaal
   Engels 1ste Addisionele Taal
   Wiskunde
   Fisiese Wetenskap
   Lewensoriëntering
   Ingenieursgrafika en Ontwerp

 
   Juanita Badenhorst – 6 onderskeidings

   Rekenaar Tegnologie
   Afrikaans Huistaal
   Engels 1ste Addisionele Taal
   Gasvryheidstudies
   Geografie
   Lewensoriëntering
   

 
   Kobus Botha – 6 onderskeidings

   Geskiedenis
   Afrikaans Huistaal
   Engels 1ste Addisionele Taal
   Wiskunde
   Geografie
   Lewensoriëntering
   

 
   Nicky Rabe – 6 onderskeidings

   Geskiedenis
   Afrikaans Huistaal
   Engels 1ste Addisionele Taal
   Wiskunde
   Lewenswetenskap
   Lewensoriëntering

 

   Marissa Wessels – 6 onderskeidings

   Geografie
   Afrikaans Huistaal
   Engels 1ste Addisionele Taal
   Wiskunde Geletterdheid
   Lewenswetenskap
   Lewensoriëntering

 

Verder behaal Ivan Schoeman 5 onderskeidings, Leani Blignaut, Leandri du Toit en Ron Phillip elkeen 4 onderskeidings en Denise Barnard, Maretha Barnard, Magnus Steyn, Raesetja Gwangwa en Johan van den Heever elkeen 3 onderskeidings.