Redenaars
Die ATKV redenaarskompetisie is elke jaar een van die kultuurhoogtepunte. Ons bied elke jaar 'n interne redenaarskompetisie aan wat baie goed ondersteun word. Redenaars kry ook die geleentheid om in Engels die woord te voer.
Toneel
Gedurende die kultuurweek neem leerlinge in graadverband deel aan toneelkompetisies. Ben Viljoen neem jaarliks aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deel, en ons het ook ons eie Bevonkte ATKV-jeugtak. Hierdeur bereik ons veral baie op 'n sosio-ekonomiese en kulturele vlak. Privaat dramaklasse word by die skool aangebied. (Navrae kan gedoen word by die kantoor).
Kunstefees
Kan jy mooi sing? Is jy altyd besig om prentjies te teken waaroor jou vriende ooh en aah? Neem jy deel aan moderne danse? Is jy mal daaroor om opstelle of gedigte te skryf? Droom jy daaroor om eendag in Charlize Theron se voetspore te volg? Wel, ons Ben Viljoeners neem jaarliks deel aan die Dikwankwetla Arts Festival of die Kaleidoskoop Kunsfees. En soos wat verwag kan word van 'n wenskool, presteer ons leerders goed.
Kultuurweek
Ons hou ook elke tweede jaar ons eie kultuurweek. Gedurende die week kry almal in Ben Viljoen die geleentheid om te wys watter verborge talente hulle het - daar is nie 'n einde aan almal se kreatiwiteit nie! Toneelkompetisies vind plaas, blokskilder, foto-kompetisies en vele meer. Die week word gewoonlik afgesluit met 'n gala-aand waar die week se wenners optree.
Sang
Jaarliks is daar leerders wat aan die International Championships for Performing Arts deelneem en baie goed vaar. 52 lande neem aan die kompetisie deel.

