Afrikaans English
Ons Hoof

Ontmoet ons hoof, Mnr. A. Swaters


Die volgende tien beginsels is vir my belangrik:

  1. Christelike opvoeding (soos ons dit leer in die Bybel se ewige waarhede).
  2. Om kinders op te voed wat in hulle self glo, omdat die Here elkeen van ons op die aarde geplaas net, met 'n spesifieke doeI. Dus onderwys wat gerig is op die uitbou en nie afbreek van ons kinders se selfbeeld nie.
  3. Die suksesvolle akademiese vordering van die kind is die belangrikste. Dit moet egter geskied in balans met begeesterde sportbeoefening en verrykende kultuurbelewing, want dit moet die doel wees om die kind in totaliteit te onderrig.
  4. Ek glo dat die Christelike opvoeding van die ouerhuis verder uitgebou, versterk en gevestig moet word in die skool. Die Christelike ouerhuis, kerk en skool moet mekaar komplimenteer.
  5. Die skool moet sover moontlik voorsiening maak vir ‘n verskeidenheid van talente en gawes van al die leerlinge.
  6. Gesonde dissipline. Kinders moet respek hê vir ouers, onderwysers en meerderes, maar kinders moet regverdig behandel word sodat hulle nie opstandig word nie. Niks in die lewe wat die moeite werd is, is al ooit bereik sonder dissipline nie. Ons as personeel sal ‘n zero toleransie handhaaf teenoor swak dissipline.
  7. Daar moet gestrewe word om die skool 'n vreugdevolle ervaring te maak vir leerlinge, onderwysers en ouers. Daarom is goeie menseverhoudinge met almal uiters belangrik.
  8. Goeie en gereelde kommunikasie met ouers oor hulle kinders is noodsaaklik. Ouers is die belangrikste vennoot van die skool in die opvoeding van hulle kinders. Daarom moet ouers ingelig wees.
  9. ‘n Passie vir die onderwys. 'n Positiewe gesindheid en entoesiasme is aansteeklik. Strewe na uitnemendheid.
  10. Ons skool moet strewe na die kweek van kinders met integriteit: die leiers van môre, wat in staat sal wees om die uitdagings van die toekoms die hoof te kan bied.
Bogenoemde tien beginsels is waarvoor ek en my personeel staan. Ons is afhanklik van die gemeenskap wat ons dien om ons daarmee te help en by te staan. Bo alles glo ons dat die Hemelse Vader se genade vir ons genoeg sal wees, want ons wil die beste vir Sy koninkrykkinders lewer! Ons werk moet ons eer wees!
Dus, bied ons jou...

  • Norme en waardes geskoei op die Woord van God 'n Wengees en ryk tradisies
  • Bekostigbare skoolfonds
  • Uitmuntende fasiliteite by die mooiste skool
  • Goed opgeleide en ervare personeel
  • Puik akademiese- , kultuur- en sportgeleenthede
  • Leierskapsontwikkeling
  • Op en wakker vakkeuses vir die beroepswêreld
  • ‘n Groot verskeidenheid geleenthede vir provinsiale, nasionale en internasionale deelname
  • Erkenning van presteerders in buite skoolverband aktiwiteite
  • Gerieflike koshuisfasiliteite met 'n heerlike spyskaart
  • Gedissiplineerde milieu waarbinne elke leerder spesiaal is