Afrikaans English
Welkom by Ben Viljoen!

Nuusflitse
  Bulletin 6
  Gr 7 - Ouerinligtingsaand


Missie
Hoërskool Ben Viljoen is 'n hoërskool met 'n Christelike karakter wat hom beywer vir die daarstel van hoë standaarde, kurrikulêr asook buite kurrikulêr.

Hoërskool Ben Viljoen wil 'n veilige hawe wees vir gelukkige, trotse en lojale kinders wat onderrig word deur toegruste personeel en gelei word tot verantwoordelike volwassenheid.

Geleentheid tot die bereiking van elke leerder se volle potensiaal en gebalanseerde betrokkenheid op akademiese- kulturele- en sportgebied word geskep deur positiewe personeel in vennootskap met 'n ondernemende beheerliggaam en ondersteunende ouers.

Hoërkool Ben Viljoen stel hom ten doel om die standaard van opleiding en onderrig van leerlinge te beskerm, te bevorder en uit te bou.

 

Kommunikasie met Ouers
Ouers ontvang elke twee weke 'n Ben Viljoen Bulletin waarin al die skoolnuus en kommunikasie met ouers verskyn.  So bly ouers op hoogte van sake, hoe dit met Hoërskool ben Viljoen gaan en wat aan die gebeur is. 

'n Informele gemeenskapsbord, wat gereeld opdateer word, is ook by die skool aangebring waar leerders na foto's kan kyk van gebeurtenisse wat plaasgevind het.

 

Erkenning vir Prestasie
Die aktiwiteite waarvoor mens erkenning ontvang by Ben Viljoen strek wyd.  Leerlinge kan toekennings ontvang vir akademie, dienslewering, kultuur, leierskap en sport.



Karakter Eerste!