Skoolgelde 2010
- Skoolgelde
R 780.00 per maand per leerder vanaf Januarie tot November (11 maande).
Nuwe Leerders & Graad 8 Leerders - Verpligte Sportdrag
'n Addisionele bedrag van R 380.00 is vir Januarie betaalbaar vir verpligte sportdrag.
Met die betaling ontvang die leerder 'n sportdragkaartjie waarmee sportdrag by Don Juan afgehaal kan word. - Korting
Korting word vir die volgende toegestaan:- Indien die totale jaarlikse skoolgeld voor/op 7 Februarie 2010 betaal word, ontvang u een maand korting.
- Meriete korting met 'n minimum van 10% tot 'n maksimum van 30% kan maandeliks vanaf Februarie tot November toegestaan word en is slegs van toepassing op die Graad 8-jaar
(soos op die aansoekvorm uiteengesit). - Indien 'n gesin drie of meer leerders in Ben Viljoen het, ontvang die laaste ingeskrewe leerder in Ben Viljoen volle afslag op skoolgeld vanaf Februarie tot November.
- Aansoek om korting op skoolgeld - alle aansoeke sluit op 28 Februarie 2010.
- NB: Geen korting word vir Januarie toegestaan nie - die volle maand se skoolgeld is dus betaalbaar.
- Registrasie 2010
Maandag, 11 Januarie 2010, 07:00 - 17:00
Dinsdag, 12 Januarie 2010, 07:00 - 17:00
- Alle huidige en nuwe leerders MOET registreer. Registrasie vind plaas wanneer Januarie se skoolgeld en sportdrag (nuwe leerders) betaal/reëling ten opsigte van betaling gemaak word en 'n registrasiekaartjie uitgereik word om sodoende handboeke te ontvang.
- Geen handboeke word uitgereik sonder 'n registrasiekaartjie nie.
- Neem asb. kennis dat ouers wat per debietorder betaal se rekenings reeds in Januarie gedebiteer word met skoolgeld en dat 'n registrasiekaartjie steeds by die kantoor afgehaal moet word. Indien direkte deposito/internetbetaling gemaak is, moet bewys gelewer word.
- Reëlings ten opsigte van betalings kan met Mev. Sarie Labuschagne getref word.
- Koshuisgelde 2010
- Inwoners kan op Dinsdag 12 Januarie 2010 registreer en intrek vanaf 09:30 tot 17:00. Slegs inwoners wat teen 16:00 ingetrek het sal aandete op Dinsdagaand, 12 Januarie kan geniet.
- Neem asb. kennis dat geen hertoelating sal plaasvind indien daar steeds uitstaande koshuisgeld vir 2009 is nie.
- R 11 300.00 per leerder per jaar. Koshuisgeld is streng maandeliks vooruitbetaalbaaar vanaf Januarie tot Oktober, R 1 130.00 per maand.
- Nuwe inwoners: R 50.00 sleuteldeposito en R 130.00 koshuishemp is betaalbaar met die eerste koshuisgeldbetaling.
- NB: Indien 'n loseerder die koshuis verlaat moet 'n maand skriftelike kennisgewing aan Mev. Elsie van Zyl gerig word. Indien die koshuisadministrasie geen kennis ontvang dat die koshuis verlaat word nie, sal u aanspreeklik gehou word vir die volle tydperk se bedrag.
- Algemeen
Die volgende fooie word by die skoolgeld ingesluit:
- Alle busfooie na sport-, kultuur-, en akademiese deelname (daaglikse vervoer na en van die skool is uitgesluit).
- Alle akademiese werksboeke/handboeke (indien ‘n leerder ‘n handboek verloor, is ‘n bedrag van R 100.00 betaalbaar – terugbetaalbaar indien die handboek gevind word)
- Alle vakfondse UITSLUITEND ‘n sewende vak, Ingenieurs Grafika en Ontwerp en Hotel en Spyseniering – laasgenoemde 2 vakfondse sluit tekeninstrumente, kruideniersaankope en klerasie in wat die eiendom van die leerder bly.
Betalingsmetodes
Om bankkostes ten opsigte van kontanthanteringsfooie so laag as moontlik te hou en ook die veiligheidsrisiko te verminder, wil ons graag ouers aanmoedig om eerder, waar moontlik die volgende betalingsmetodes te gebruik:
- Kontant
Kwitansies word uitgereik by ontvangs van kontant by die finansiële kantoor. - Debietorders
- Aansoekvorms is verkrygbaar by die finansiële kantoor of kan hier afgelaai word in .pdf formaat.
- Ouers wat huidiglik van die debietorderstelsel gebruik maak, kan kennis neem dat die bedrag vir skoolgeld outomaties vir 2009 aangepas word.
- Dit bly u verantwoordelikheid om die kantoor in kennis te stel indien u bank-besonderhede verander, u die debietorder wil kanselleer of aksiedatums wil verander.
- Slegs skoolgeld word teen u rekening gedebiteer tensy u skriftelik versoek dat ander fooie ook afgetrek moet word.
- NB: Debietorders wat vir 'n 3de agtereenvolgende keer geweier word deur u bank sal gekanselleer word.
- Internetbetalings
- Indien u oor internetfasiliteite beskik kan u direkte oorplasings doen of die aftrekorderopsie aktiveer sodat die skoolgeldbedrag op u gekose datum teen u rekening gedebiteer word.
- NB: Gebruik asseblief in beide gevalle die leerder se unieke skoolgeldrekeningnommer as verwysing - indien u onseker is oor die nommer, kontak die finansiële kantoor. Neem kennis dat die skool- en koshuisgeldverwysingsnommers verskil en ook verskil van die toelatingsnommer.
- Die betalingsbewys kan na die volgende direkte faks gestuur word: 086 515 2814
- Tjeks
- Kwitansies word uitgereik by ontvangs van tjeks by die finansiële kantoor.
- Tjeks moet uitgemaak word aan Ben Viljoen Skoolfonds.
- Indien u skool- en koshuisgelde betaal, of indien u meer as een leerder se gelde betaal, kan dit met een tjek betaal word.
- Vooruitgedateerde tjeks: Vanaf Februarie tot November
- Bankkoste van R 70.00 sal per VT-tjek gehef word.
- Bankbesonderhede:
BANK: ABSA
TAK: Groblersdal, 33-41-47 (63-20-05 vir elektroniese oorbetalings)
REKENINGNAAM: Ben Viljoen Skoolfonds
REKENINGNOMMER: 900 170 033
VERWYSING: byvoorbeeld, P0001 (skoolfonds) and P0007S (koshuisgelde)
Maak asseblief seker dat die regte verwysings gebruik word, sonder hierdie verwysings kan die fondse nie korrek geallokeer word nie.
Rekeninge en Navrae
- Rekeninge
Slegs skool- en koshuisrekeninge met 'n debietbalans word maandeliks aan die einde
van die maand aan ouers via die leerders gestuur. - Navrae
- Skoolgeld
Jansie Bosman
Tel: 013 262 2061/2
Faks: 086 515 2814
E-Pos: bvfinansies@benviljoen.co.za - Koshuisgeld
Elsie van Zyl
Tel: 013 262 2061/2
Faks: 086 515 2814
E-Pos: bvfinansies@benviljoen.co.za - Invorderings / Reëlings
Sarie Labuschagne
Tel: 013 262 2061/2 (08:00 - 13:00)
Faks: 086 515 2814
E-Pos: bvfinansies@benviljoen.co.za
- Skoolgeld

