Afrikaans English
Akademie

Ben Viljoen lê die fondament vir leerlinge se universiteitsloopbaan.  Hoogs gekwalifiseerde en ervare onderwysers bied die vakke aan om jou die beste voorsprong in die lewe te bied.  Ekstra klasse word tydens vakansies aangebied.

Top Tien
Die top tien akademiese presteerders word kwartaalliks aangewys.  Jaarliks word die top tien presteerders van elke graad op 'n toer geneem as beloning vir al daardie ure agter die boeke.

Matriekuitslae
2008:
  Die skool het vir die 5de agtereenvolgende jaar 'n 100% slaagsyfer! Twee leerlinge behaal sewe onderskeidings elk,  vyf leerlinge behaal ses onderskeidings elk en een leerling behaal vyf onderskeidings.

Vakke wat aangebied word

Graad 8 - 9

Dié agt leerareas word aangebied:
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
Kuns- en Kultuur
Lewensoriëntering
Menslike Bestuurswetenskappe
Natuurwetenskappe
Taal- en Geletterdheidskunde:
Huistaal (Afrikaans/Engels)
Eerste Addisionele Taal (Engels/Afrikaans)
Wiskundige Geletterdheid

Graad 10 - 12

Graad 10 - 12 leerlinge neem 4 vakke addisioneel tot die verpligte twee taalvakke en kan uit die volgende vakke kies -

       Verpligte vakke:

Afrikaans Huistaal saam met Engels Eerste AddisioneleTaal
OF
Engels Huistaal saam met Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Keuse Vakke:
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Fisiese Wetenskap
Lewenswetenskap
Geografie
Geskiedenis
Besigheidstudies
Rekenaartoespassingstegnologie
Gasvryheidstudies
Ingenieursgrafika- en ontwerp
Inligtingstudies
Visuele Kuns

Ons EIE restaurant:

"An'joris Appetit"

Rekenaarsentrum

Leerlinge leer hier in Inligtingstegnologie programmeer in Delphi sowel as programme bemeester in Rekenaartoepassingstegnologie soos vervat in die Microsoft Office Pakket.

Olimpiades

Leerlinge kan deelneem aan Nasionale Olimpiades in vele vakke asook die Nasionale Algemene Kennis Olimpiade.

Nasionale EXPO vir Jong Wetenskaplikes

Die Expo vir Jong Wetenskaplikes is 'n nie-winsgewende organisasie wat daarna streef om belangstelling en betrokkenheid by die wetenskappe en tegnologie onder die jeug in Suider-Afrika aan te moedig. Jong wetenskaplikes neem jaarliks aan streeks- en nasionale uitstallings deel waar die resultate van hulle navorsing aan die publiek bekend gestel word. Leerders neem in 23 kategorieë deel. Projekte word beoordeel aan die hand van aspekte soos oorspronklikheid, deeglikheid en die omvangrykheid van die navorsing en wetenskaplike metodiek. Die leerder se vaardigheid in die aanbieding van die materiaal word ook in ag geneem. Leerlinge kan enige onderwerp kies en moet dan 'n projek voorberei oor die onderwerp. Selfstandige navorsing en eie inisiatief moet aan die dag gelê word.

Brugboukompetisie
Daar word ook aan brugboukompetisies deelgeneem.