Advertensiebord by Sportvelde
Daar is besluit om ‘n elektroniese advertensiebord by die sportvelde op te rig. Die bord sal verskuifbaar wees wat mee bring dat die publiek nie ‘gewoond’ sal raak aan die bord nie en Ben Viljoen sal dit ook self van tyd tot tyd inspan om gebeurtenisse soos sportbyeenkomste te adverteer. Daar sal ‘n beperking van 40 adverteerders wees.
Geagte Ben Viljoen Adverteerder/Ondersteuner
ELEKTRONIESE ADVERTENSIEBORD BY SPORTVELDE
Ek is einde 2009 getaak met die bemarking van Ben Viljoen Hoërskool en daarmee saam het die administrasie van die advertensieborde op ons skoolterrein (meestal op die sportgronde) ook na my kant gekom.
Soos almal weet is die borde staties op ons sportvelde en is daar slegs blootstelling as ons byeenkomste het. Die borde is elke 3 jaar “hernubaar” en daar is heelwat van u wat reeds moes hernu of alreeds hernu het. Hier is waar ons van Ben Viljoen se kant af koppe bymekaar gesit het en ons wil graag die volgende aan u voorhou:
Ons is van mening dat hoewel daar waarde vir u in die advertensie deel van die borde is, daar beter maniere is om reklame vir u te bewerk !
Daar is besluit om ‘n elektroniese advertensie bord van 2000 x 800 mm te ondersoek. Op hierdie bord kan ons die letters enige grootte maak, tot die volle 800 mm, maar die beste sal waarskynlik wees in die omgewing van 150 – 200 mm omdat dit maklik leesbaar is. Al die inligting op die elektroniese bord, dit wil sê die advertensies, word elektronies geprogrameer, wat dit maklik maak om u advertensie weekliks of soos nodig aan te pas.
Die bord sal verskuifbaar wees wat mee bring dat die publiek nie ‘gewoond’ sal raak aan die bord nie en Ben Viljoen sal dit ook self van tyd tot tyd inspan om gebeurtenisse soos sportbyeenkomste te adverteer. Dit kan ook naweke met tuis byeenkomste gebruik word as telbord en die adverteerders en of 3-4 “hoof borge” se advertensies sal dan deurentyd daarop verskyn.
Daar sal ‘n beperking van 40 adverteerders wees, met ‘n 10 sekonde gleuf per betaalde advertensie ( elke advertensie/10 sekonde gleuf word gereken as 1 adverteerder ). Kom ons maak gou ‘n paar somme en kyk wat is die blootstelling wat u sal ontvang:
- 10 sekondes gee 6 per minuut = 360 per uur
- 360 / 40 advertensies = 9 keer per uur wat die betrokke advertensie verskyn per uur !
- Gemiddeld 10 ure per dag = 90 keer per dag
- Maal 20 dae per maand = 1800 per maand !
Nou die goeie nuus, die fooie!
Al die blootstelling met die keuse om die advertensie te verander en ‘n verskuifbare bord vir R 150 per maand (kontrak vir een jaar). ( 8 sent per gleuf )
Daar is ook sekere belasting toegewings, gaan kyk gerus by www.taxconsulting.co.za by die 2010 Donations exemptions .
U kry dan ook die geleentheid om die borde op die sport velde gratis te plaas !
Die fooie wat uit die bord gegenereer word gaan ons weer vir die bemarking van ons skool aanwend om die skool se puik prestasies beter te bemark .
Ons beplan ‘n inligtingsaand waar al u vrae beantwoord sal word en ook meer inligting beskikbaar sal wees .
Vir enige navrae kan u my gerus kontak by 083 752 6721 of stuur ‘n e-pos met al u besonderhede na bvbemarking@benviljoen.co.za.
Thinus Erasmus
BEN VILJOEN BEHEERLIGGAAM
BEMARKING

