Marice de Jager en Christian Venter, oftewel Tuimeltrein soos hulle bekend is, is besig om 'n groot naam in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te word!
Tydens 2024, is hulle deur Afrikaans is Alles benoem in die kategorieë: Beste Groep van 2024 asook vir die beste musiekvideo van 2024 met hulle liedjie Dis 'n Joke. Met die aankondiging van die wenners wat op 2 Januarie 2025 gemaak is, stap Tuimeltrein weg met die toekenning as Beste Groep van 2024. In hierdie kategorie het hulle kompeteer teen onder andere Spoegwolf, Droomsindroom, Die Heuwels Fantasties, sowel as Die Piesangskille.