Hoewel Ben Viljoen 'n medium grootte skool is, bied dit die omvang van sportsoorte aan wat by groot skole gevind kan word. 'n Groter persentasie van ons leerlinge kry blootstelling op eerste span vlak. Die afrigting word deur onderwysers gedoen waarvan baie self provinsiale kleure het en/of provinsiale afrigting gedoen het. Kundige afrigters wat nie aan die skool verbonde is nie, se hulp word ook ingeroep om verder te skaaf.
Ons bied:
Verskeidenheid
Leerders kan in spanverband of individueel die skool verteenwoordig en aan ligas deelneem
Uitstekende sportfasiliteite
Ons beskik oor vier rugbyvelde, drie hokkievelde, agt weervaste netbalbane, 'n krieketveld met oefennette, 'n stadion met plek vir 5000 toeskouers, swembad, ses tennisbane sowel as Loskop Gimnasium op ons terrein.
Die volgende sportsoorte word aangebied:
Atletiek |
Dogters- en Seunshokkie |
Dogters- en Seunskrieket |
Gholf |
Landloop |
Muurbal |
Netbal |
Prysskiet |
Rugby en Sewesrugby |
Ruiterkuns |
Skaak |
Sokker |
Swem |
Tennis |
Varswateroewerhengel |