Varswaterhengel is ‘n opwindende sportsoort wat deur mense van alle ouderdomme geniet word. Dit is ‘n ontspannende en tegelyk uitdagende aktiwiteit wat fisiese vaardigheid, kennis van visvangtegnieke, en ‘n begrip van die natuur se ekosisteem vereis. Vanaf 2024, neem ons aan die Limpopo skole varswateroewerhengel liga deel met twee spanne genaamd: Bennies en Ben Vissers.
PRESTASIES:
2024: |
Ons spanne eindig die hengelseisoen in onderskeidelik die vyfde en sewende plekke. Dewald du Plessis eindig algeheel negende in Limpopo en word gekies om Hoërskool Ben Viljoen en Limpopo te verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Skole kompetisie, met Jaco Bouwer wat as reserwe gekies word vir die uitnodigingspan |