Prysskiet is 'n individuele kompetisie wat die leerder se konsentrasie help bevorder. Daar word drie kaarte op die eerste dag geskiet, wat bestaan uit 'n lê, staan en kniel posisie. Die tweede dag word daar twee kaarte geskiet - in 'n staandeposisie, en staan as 'n Olimpiade bekend. Die eerste kaart word in 'n tyd van 30 minute geskiet terwyl die tweede kaart in 'n tyd van 25 minute geskiet word. Elke kaart tel 200 punte wat beteken dat die totale punt aan die einde van die kompetisie uit 1000 punte tel.
Ons neem deel aan die Mpumalanga liga wat bestaan uit Mpumalanga skole en gemengde streeksdele. In die Mpumalanga liga is skole soos HTS Middelburg, Hoërskool Middelburg, Witbank Tegnies en Hoërskool Generaal Hertzog. Verder word hierdie liga verdeel in streke naamlik Nkangala, Hoëveld en Nelspruit.
In Mpumalanga is hierdie sport die grootste en groei jaarliks in syfers.
Die skuts oefen een keer per dag tussen 16:45 en 18:00
Prestasies
2019: |
Vier skuts word opgeneem in die Mpumalanga span wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem Een van ons o.14 skuts is die tweede beste in Mpumalanga Ons o.16 skut eindig vyfde in Suid-Afrika by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe |
2021: |
Vier skuts word opgeneem in die Mpumalanga span wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem Die span eindig algeheel vierde uit die sewe skole tydens die streeksfinaal |
2022: |
Ons skuts verower 'n algehele vierde plek met slegs een punt verskil tussen die derde en vierde plekke tydens die Streeksfinaal Drie skuts neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe |
2023: | Ané Pretorius, Brian Enslin, Jaco Pretorius en Nathan Struwig verwerf provinsiale kleure |
2024: | Jaco Pretorius, Zander Terblanche, Caylin Sadie en Ané Pretorius word ingesluit in die Mpumalanga span wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem. Ané Pretorius skiet `n voltal kaart en ontvang haar silwer meriete balkie, terwyl Jaco Pretorius sy brons meriete balkie ontvang |