Daar word reken gehou met Hoërskool Ben Viljoen se muurbalspan weens die goeie uitslae wat ons altyd behaal. Die spelers oefen baie hard en bly gemotiveerd om die goeie uitslae van hulle voorgangers te laat voortleef en sodoende in hulle voetspore te volg. Die seisoen strek vanaf Julie tot September - perfek om van die wintersport se "stres" ontslae te raak!
Prestasies:
2014: |
Senior Dogterspan is Limpopo Kampioene Eerste meisies eindig tweede by Sun City uitnodigingstoernooi |
2015: | Senior Dogterspan is Limpopo Kampioene |
2016: | Senior Dogterspan is Limpopo Kampioene |
2017: | Senior Dogterspan en Seunsspan is Limpopo Kampioene |
2018: |
Senior Seunsspan verwerf ‘n tweede plek tydens Limpopo Kampioenskappe. Drie spelers verwerf Provinsiale kleure |
2019: | Ruan Roos en Anro Kotzé, beide o.15, neem deel aan die Suid Afrikaanse Plattelandse kompetisie as deel van die o.16 span. Beide spelers word ingesluit in die span wat IPT toe gaan |
2024: | Ian Steenkamp neem as deel van die o.19 Limpopospan aan die Suid-Afrikaanse Plattelandtoernooi in Bloemfontein deel |