Landloop is 'n sportaktiwiteit wat gedurende die wintermaande vir alle leerders aangebied word. Dit leer hulle hoe om ‘n gesonde leefstyl, uithouvermoë en goeie sportmanskap te handhaaf. Hulle hardloop soms op ongelyke terrein en/of deur water. Dit hou hulle fiks vir ander sportsoorte en konsentrasie word verbeter in klasse as gevolg van die oefeninge.
Prestasies:
2019: |
Ons landloopatlete eindig in die algehele tweede plek tydens die Interhoër terwyl die juniorspan die interhoër wen. Annecia Engelbrecht, Lukas Makgata, Audrey Mateme, Morgan Maeyane en Kyle Bredenkamp neem deel aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe |
2021: |
Vanessa da Silva wen die dogters onder 15 afdeling tydens die Limpopo Landloopkampioenskappe terwyl Audrey Mateme 'n derde plek in dieselfde afdeling loshardloop. Dion Sebela eindig in die derde plek vir seuns onder 16. Thomas Malope behaal 'n vierde plek vir seuns onder 19 terwyl Morgan Maeyane tiende eindig vir seuns onder 17. Lukas Makgata eindig 24ste vir seuns onder 16. Vanessa da Silva, Audrey Mateme, Dion Sibela en Thomas Malope neem deel aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe, waar Vanessa 'n sestiende plek behaal |
2022: |
Vanessa da Silva wen die dogters onder 16 afdeling tydens die Limpopo Landloopkampioenskappe, terwyl Audrey Mateme 'n derde plek behaal. Omphile Tshikane verwerf 'n sewende plek in die o.15 afdeling, terwyl Dion Sebela 'n vierde plek in die o.17 afdeling behaal. Annecia Engelbrecht en Thomas Malope behaal onderskeie derde plekke in hulle afdelings. Vanessa da Silva, Omphile Tshikane, Annecia Engelbrecht, Thomas Malope, Dion Sebela en Audrey Mateme neem deel aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe. Vanessa verwerf 'n vierde plek in die 2km-wedloop tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, asook 'n tiende plek in die 4km. |
2023: |
Tydens die Landloop Interhoër verwerf ons 'n algehele tweede plek met beide ons senior seuns en dogters wat hulle afdelings wen. Vanessa da Silva word aangewys as die beste senior dogtersatleet van die dag. Vanessa da Silva, Audrey Mateme en Omphile Tshikane neem deel aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe, waar Vanessa 'n 5de plek in die 2km wedloop sowel as 'n 12de plek in die 4km wedloop verwerf. Omphile Tshikane verwerf 'n 53ste plek in die 6km wedloop terwyl Thomas Malope 'n 43ste plek verwerf in die onder 23-afdeling. |
2024: |
Tydens die Landloop Interhoër verwerf ons 'n algehele derde plek, met Vanessa da Silva wat haar wedloop wen. Vanessa da Silva en Omphile Tshikane het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe. Vanessa verwerf 'n negende plek in die junior 2km afdeling, asook 'n 19de plek in die 4km vir vroue o.23, terwyl Omphile 'n 46ste plek verwerf in die seuns o.17 6km wedloop. |