'n Opwindende krieketkultuur, gevestig in sterk waardes, dissipline en krieket-etiket word gehandhaaf. Ons het tans 'n junior en eerste seunskrieketspanne wat onberispelike sportmansgees deel. Ons streef daarna dat elke speler die sport ten volle moet geniet en om die volle ontwikkeling van elke speler se vaardighede te verseker.
Die krieketoefening begin net na die rugbyseisoen vir die jaar eindig, dus in die derde kwartaal, en die tye word deur die afrigters bekend gemaak.
Ons wedstryde vind op Saterdae plaas.
2019: | Ons o.15 krieketspan is Suid-Streek en Limpopowenners |
2023: |
Limni-Lu Heswick word ingesluit in die Limpopo span Die o.15-span word as ligawenners en Limpopowenners gekroon |
2024: |
Jaco van der Westhuyzen en Limni-Lu Heswick word ingesluit in die o.16 Limpopo span. Jaco word aangewys as die kaptein. Die eerste span is Limpopowenners |