Atletiek by Hoërskool Ben Viljoen begin reeds vroeg met hulle voorseisoense program. Die jaarlikse interhuis, wat in Januarie aangebied word, is die perfekte geleentheid vir almal om atletiek te beoefen. Na die interhuis word die top atlete gemotiveer om te oefen vir die Interhoër wat in die laaste week van Februarie plaasvind.
Daar vind verskeie vriendskaplike byeenkomste plaas voor die Interhoër om hierdie atlete ten volle voor te berei.
Ons atlete is beslis 'n gemotiveerde groep wat hard werk en keer-op-keer presteer.
Prestasies:
2014: |
- 29 atlete neem deel aan die Limpopo Kampioenskappe waarvan vyf atlete eerste plekke behaal.
|
|
|
2015: |
- Verwerf 18 goue-, 16 silwer- en 15 bronsmedaljes tydens die Interhoër.
- Vyf atlete verwerf provinsiale kleure.
- Een atleet verwerf ’n brons medalje en 'n ander atleet ’n silwer medalje tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
|
|
|
2016: |
- Atlete verower 63 medaljes: 18 goud, 15 silwer en 21 brons tydens die Interhoër.
- Vyf atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
- Een atleet verwerf ‘n vierde en vyfde plek tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
|
|
|
2017: |
- Atlete verower 71 medaljes: 21 goud, 23 silwer en 27 brons tydens die Interhoër.
- Twee atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
|
|
|
2018: |
- Junior meisies verwerf 'n algehele tweede plek gedurende die Interhoër.
- Atlete verower 63 medaljes: 13 goud, 25 silwer en 25 brons gedurende die Interhoër.
|
|
|
2019: |
- Interhoër Atleet van die dag is Tiaan Gerritsen.
- Beide die junior seuns en junior dogters is algehele wenners.
- Senior dogters eindig in die tweede plek.
- Totaal vir dogters word deur ons gewen.
- Ons eindig derde in die Sangbeker en die opkoms en dirigente verwerf die tweede plek.
- In die Prestasiebeker eindig ons derde. Ons eindig algeheel 3de met 607 punte.
- Ses van ons atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en een van ons atlete verwerf tweede plekke in die 100m, Medleyaflos en in die 4x100m aflos.
|
|
|
2020: |
- Interhoër Baanatleet van die dag: Kego Monawa
- Veldatleet van die dag: Danie Strooh.
- Derde plek in die kategorie Beste Opkoms- en Dirigente.
- Tweede plek by die dogtersaflosse.
- Tweede plek by die seunsaflosse.
- Derde plek by die junior dogters.
- Eerste plek vir die Beste Dogterspan.
- Tweede plek by die Prestasiebeker.
- Ons eindig algeheel in die derde plek met 633 punte weens 'n gesamentlike tweede plek.
- Agt van ons atlete ingesluit om deel te neem aan Suid Afrikaanse Kampioenskappe.
|
|
|
2021: |
- Vyf atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
- Morgan Maeyane is deel van 4x400m aflosspan wat 'n tweede plek verower.
|
|
|
2022: |
- Interhoër Baanatleet en Atleet van die dag: Jaco van der Westhuyzen
- Opkoms en Dirigente: derde plek.
- Sangbeker: derde plek.
- Junior Dogters: tweede plek.
- Junior Seuns: tweede plek.
- Senior Dogters: tweede plek.
- Senior Seuns: vyfde plek.
- Dogters Totaal: tweede plek.
- Seuns Totaal: derde plek.
- Prestasiebeker: derde plek.
- Groot Totaal: derde plek met 617 punte
|
|
|
2023: |
- Wen Hoogenhout Top 10-byeenkoms.
- Wen Elbé Pretorius Gedenkbyeenkoms.
- Interhoër Baanatleet en Atleet van die dag: Jaco van der Westhuyzen.
- Veldatleet van die dag: Johan Helberg.
- Opkoms & Dirigente: sesde plek.
- Dogtersaflosse: eerste plek.
- Senior Dogters: eerste plek.
- Junior Seuns: eerste plek.
- Dogters Totaal: eerste plek.
- Prestasiebeker: eerste plek.
- Groot Totaal: derde plek met 657 punte.
- Tydens die ASA Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe behaal Jaco van der Westhuyzen twee goue medaljes. Rorisang Rammupudu, Amo Motlatle en Johan Helberg behaal elk 'n silwer medalje terwyl Rorisang en Morgan Maeyane se aflosspan ook 'n silwer medalje verwerf.
- Rorisang Rammupudu neem deel aan die ASA Senior Suid-Afrikaanse Kampioenskappe sowel as die Afrika Spele waar sy aflosspan 'n goue- en bronsmedalje verwerf.
- Ellené van der Westhuyzen, Amo Motlatle, Edunette Kriel, Johan Helberg, Jaco van der Westhuyzen, Vanessa da Silva, Kyra Hancke, Rorisang Rammupudu, Morgan Maeyane en Dion Sebela verwerf provinsiale kleure
|
|
|
2024: |
- Wen Noordheuwel Top 15-skole B-afdeling.
- Wen Elbé Pretorius Gedenkbyeenkoms.
- Tydens die Bosveld Interhoër eindig ons in die algehele vyfde plek met 607 punte, 'n skamele twee punte verskil tussen ons en Hoërskool Nylstroom in die vierde plek. Jaco van der Westhuyzen word aangewys as die beste baan atleet terwyl Marnu Hancke wegstap as die beste veldatleet. Ons dogters- en seuns-aflosspanne wen hulle afdelings, en ons stap ook weg met die trofee vir beste junior seunsspan.
- Nege atlete neem deel aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe. Johan Helberg verwerf 'n bronsmedalje in die o.18 Diskus, Edunette Kriel 'n silwer medalje in die o.16 90m Hekkies en Marnu Hancke bronsmedaljes in onderskeidelik die o.16 Diskus en o.16 Gewigstoot.
- Kyra Hancke het aan die Suid-Afrikaanse Sewekamp-Kampioenskappe deelgeneem, as o.18, alhoewel sy o.17 is, en verwerf 'n algehele eerste plek.
|
2025: |
- Wen Noordheuwel Top 15-skole B-afdeling.
- Wen Elbé Pretorius Gedenkbyeenkoms.
- Jaco van der Westhuyzen hardloop op 5 Februarie, onoffisieël, die vinnigste tyd op 'n 100m vir seuns o.17 in die wêreld
- Interhoër Baanatleet: Jaco van der Westhuyzen.
- Interhoër Atleet van die dag: Emma-Lee van der Westhuyzen
- Dirigente opkoms: gesamentlike derde plek
- Dogtersaflosse: derde plek
- Seunsaflosse: eerste plek
- Senior Dogters: derde plek
- Junior Dogters: tweede plek
- Junior Seuns: tweede plek
- Senior Seuns: vierde plek
- Dogterstotaal: derde plek
- Seunstotaal: derde plek
- Prestasiebeker: eerste plek
- Groot Totaal: derde plek
- Kadmiel Lotika, O'Niell Lenting en Omphile Tshikane word ingesluit in die SASA Limpopo-span wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem
|