Dogterskrieket het reeds in 2004 by Hoërskool Ben Viljoen begin, en as deel van die Mpumalanga-liga waarin ons deelgeneem het, was ons span jaarliks onoorwonne. In 2006 wen ons meisieskrieketspan met 6 paaltjies teen Hoërskool Standerton om vir die derde agtereenvolgende jaar die Mpumalanga kampioene te wees, waarna die belangstelling in dogterskrieket verminder. Vanaf 2021 word dit egter weer as sportsoort by Hoërskool Ben Viljoen ingestel en vind tydens die derde kwartaal plaas.
'n Opwindende krieketkultuur, gevestig in sterk waardes, dissipline en krieket-etiket word gehandhaaf. Ons het tans een senior dogterskrieketspan wat onberispelike sportmansgees deel. Ons streef daarna dat elke speler die sport ten volle moet geniet en om die volle ontwikkeling van elke speler se vaardighede te verseker.
Prestasies:
2021: |
|
2022: |
|