Visie
Hoërskool Ben Viljoen is ‘n parallel medium opvoedkundige inrigting; Christelike norme en hoë standaarde word gehandhaaf. Onderrig vind plaas in Afrikaans en in Engels.
Waardesisteem
1. Christelike en professionele onderwys
2. Bevordering van Akademise prestasie en die skep van ‘n leerkultuur
3. Handhawing van dissipline
4. Effektiewe bestuur en leierskap
5. Bevordering van tradisies en kultuur
6. Kweek van lojaliteit en agting teenoor skool en medemens
7. Agting vir die medemens
8. Gelykwaardige en menswaardige behandeling
9. Aanwakker en bevordering van kreatiwiteit
10. Die kweek van ‘n gesonde kompetisiegees
11. Ontwikkeling van die totale leerling tot sy maksimum potensiaal
Missie
Hoërskool Ben Viljoen is ‘n hoërskool met ‘n Christelike karakter wat hom beywer vir die daarstel van hoë standaarde, kurrikulêr asook buite kurrikulêr. Die Hoërskool Ben Viljoen wil ‘n veilige hawe wees vir gelukkige, trotse en lojale kinders wat onderrig word deur toegeruste personeel en gelei word tot verantwoordelike volwassenheid.
Geleentheid tot die bereiking van elke leerling se volle potensiaal en gebalanseerde betrokkenheid op akademiese-, kulturele- en sportgebied word geskep deur ‘n positiewe personeel in venootskap met ‘n ondernemende Beheerliggaam en ondersteunende ouers. Hoërskool Ben Viljoen stel hom ten doel om die standard van opleiding en onderrig van leerlinge in die algemeen te beskerm, te bevorder en uit te bou