SKOOLLIED
Die stroompie uit ‘n verre tyd
het berg en hoogland oopgesplyt
en breed blink nou ‘n wye stroom
deur bosse waar die stiltes droom.
Die droom het hier ‘n daad geword
wat sterk oor wal en sluise stort
die water sing wat nou hier vloei
laat landery’ en boorde bloei
Ons wat die groter toekoms erf
ploeg dieper los bind groot die gerf
ontbos die berg en grawe wyd
kanale van die nuwe tyd
We are the future of our school
We plough, we sow, provide the fuel
for strength, success and honest trust
together, a future true and just
Kom maat en vriend kom vat my hand
ons dien een volk een vaderland
en is ons werk ons eer
wen ons die oes wat ons begeer.