Die doel van die Beheerliggaam is om die skoolgemeenskap se belange te verteenwoordig. Dit moet omsien na die visie, etos en strategiese rigting wat die skool kies en sorg dat al die betrokkenes inkoop daarin.Die beheerliggaam se primêre taak is “governance”. Dit behels die beheer van al die eksterne faktore asook die bepaling van beleid deur die beheerliggaam. Die oorhoofse beheer van die skool wat fundamenteel is en die daarstelling van verskeie beleide wat die skool se organisasie ondersteun; naamlik die toelatingsbeleid, die gedragskode vir leerders, dissipline, ens., is geweldig belangrik. ‘n Ander baie belangrike funksie van die beheerliggaam het te make met finansies. Finansies het te doen met skoolgeld, begrotings, fondsinsamelingsprojekte en die behoorlike administrasie van skoolgeld. Dit is ‘n uiters belangrike rol wat die beheerliggaam moet vertolk. Ouers se inspraak verseker dat die skool optimaal funksioneer en dat hulle kinders die beste waarde vir hul geld ontvang. ‘n Verdere vertakking van die beheerliggaam se funksies sluit die vestiging van komitees in, soos byvoorbeeld finansies, geboue en terrein, dissipline, koshuise, bemarking ens.
Hoërskool Ben Viljoen het op 12 Maart 2024 die nuwe Beheerliggaam vir die termyn 2024-2027 aangewys. Die voorsitter, Louis Lourens, en skoolhoof, Mnr John Smith, sal betrokke wees by alle portefeuljes en hulp verleen waar nodig.
Die portefeuljes van die Beheerliggaam is as volg:
Akademie:
Judith Kirchner en BJ Jovner
Koshuise:
Louis Gouws en Mnr Sarel Snyman
Sport:
Jaco van der Westhuyzen, Louis Nieman, Mnr Excellent Mnkomo en Mnr Rudi Viljoen
Dissipline:
Mnr John Smith en Mnr Sarel Snyman
Onderhoud van Terrein en Geboue:
Awie Geyser en Peter Jacquire
Barmhartigheid, Skooldrag en Klerebank:
BJ Jovner
Finansies:
Judith Kirchner en Johan Coetzer
Kultuur:
Me Mariska Joubert
Bemarking:
Mnr Excellent Mnkomo en Diaan Ras
Boerdery:
Diaan Ras
Ons nooi ouers, voornemende ouers en gemeenskapslede uit om die vrymoedigheid te hê om met enige van hierdie Beheerliggaamslede kontak te maak met betrekking tot insette, bekommernisse en/of krisisse. Al hierdie lede dien almal as skakelpersone tussen die gemeenskap en die skool.