Die Tienertoneelkompetisie kweek ’n liefde vir toneelskepping, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.
In 2016 het ons tienertoneel die streeksfees in Ermelo gewen met hulle produksie “Kom saam met my” en deurgedring na die ATKV Tienertoneelfinaal wat plaasgevind het by Aardklop. Hier is Anjoné de Jager van Hoërskool Ben Viljoen aangewys as die mees belowende speler in ’n rol deur ’n meisie gedurende die ATKV-Tienertoneelfinaal 2016
Prestasies:
2014: | Tienertoneelgroep Streekwenners |
2015: | Tienertoneelgroep Streekwenners |
2016: |
Tienertoneel aangewys onder die Top 16 in die land, en neem deel by Aardklop Anjoné de Jager ontvang toekenning as die mees belowende aktrise |
2017: | Tienertoneelgroep Interhoër wenners |
2018: | Tienertoneelgroep Interhoër wenners |
2019: | Tienertoneelgroep eindig derde tydens Interhoër |
2021: | Kabous de Wet ontvang silwer vir sy teks 'Die Ontsnapping' en Chanté van Aswegen ontvang ń silwer vir haar teks 'My kop in die verkeerde plek ingedruk' tydens die Digitoneel |
2022: |
Interhoër Naaswenners Ameli Groenewald word aangewys as die beste aktrise |
2023: |
Dring deur na semi-finaal van Pronkpodium met 180° Celsius, Marice de Jager word tydens hierdie fees aangewys as die mees belowende aktrise in 'n hoofrol. Verwerf 'n algehele derde plek tydens die Bosveld Interhoër, en Andrea Bronkhorst word aangewys as die beste aktrise. |