Skaak is een van die oudste speletjies in die geskiedenis van die wêreld.
“Maak jou skuif” en speel skaak, want leerders wat daaraan deelneem toon ‘n verbetering in konsentrasievermoë en kreatiewe probleemoplossing, dit bevorder logiese redenering en is ‘n toets van geduld, senuwees, breinkrag en konsentrasie.
Ons skaakspan neem jaarliks deel aan die Skaakinterhoër in die derde kwartaal.
2019: | Tweede plek tydens die interhoër met drie bord wenners |
2022: | Zaid Bhana eindig in die vierde plek, Malope Malatsi in die sesde plek en Jadin Klopper in die negende plek tydens die interhoër |
2023: | Vierde plek tydens interhoër |
2024: | Algehele vierde plek met slegs een punt verskil tussen ons en Hoërskool Frikkie Meyer, in die derde plek. Baie geluk aan Thato Mphahlele en Bradley Nhika wat onderskeidelik Bord 4 en Bord 5 se wenners was |