Hoërskool Ben Viljoen is een van min publieke Hoërskole in Limpopo wat Drama en Visuele Kuns as vakke aanbied.
Die doel van Visuele Kuns is om leerders bekend te stel aan die wêreld van kuns. Daar word gepoog om hul kreatiewe verbeelding te stimuleer sodat hulle die wêreld rondom hulle kan raaksien en daarop kan reageer. Die vak verteenwoordig ‘n wye veld wat die hand, die oog, die intellek, die gevoelenslewe en die verbeelding betrek by die konseptualisering en vorming van 'n eindproduk. Die vak Visuele Kunste ontsluit ‘n opwindende wêreld van skepping en persoonlike ontdekking
Dramatiese kunste moedig leerders aan om hulself vrylik uit te druk en hul passie vir die toneelspel uit te leef. Drama help bevorder die leerling se selfvertroue, kommunikasie vermoë en stimuleer die breingolwe, wat voordelig is vir die leerder se toekoms
2021: |
- Kabous de Wet onder top 20 met sy uitbeelding van Umfaan vir die Afrikaans.com kompetisie
|
2024: |
- Izaan Kotze, Chenél Grundling en Caylin Sadie het deelgeneem aan die ATKV se DigiToneel uitdunrondte. Tydens die uitdunrondte verwerf die produksie 'Sprokie in Suburbia' goud, Izaan verwerf goud vir haar spel, silwer vir haar videografie en silwer vir redigering. Sy word ook as een van die Top 16-inskrywings van reg oor die land aangewys is. Met 'Koffie & Kapsules' verwerf Chenél Grundling silwer vir haar spel, terwyl die produksie brons kry. Caylin Sadie verwerf 'n sertifikaat vir haar deelname met haar stuk 'Pelmets van die Siel'
- Moshopiadi Nchabeleng wen die Thaba Eco Hotel/Park se visuele kompetisie
- Kabous de Wet is een van die finaliste in die SASOL New Signatures 2024-kompetisie
- Izaan Kotze neem deel aan die finaal van Pronk Film en Pronk Digitaal
- Izaan Kotze en Chenél Grundling het deelgeneem aan die FAK MonUloogfees. Izaan verwerf silwer vir tegnies, spel, produksie asook kinematografie met die stuk 'Sprokie in Suburbia' en dring deur na die Top 6 uit 54 deelnemers. Chenél verwerf brons vir spel, tegnies, kinematografie en produksie met die stuk 'Koffie en Kapsules'.
- Izaan Kotze het deelgeneem aan ATKV se Digitoneel kompetisie en word aangewys onder die Top 8 in die land. Tesame met haar mentor, Liezl de Kock, het sy op 19 Junie die verfilming vir die realiteitsreeks "Gekies vir die Kollig" by die Thaba Eco Hotel in Johannesburg bygewoon.
|