Die jaar 1947 was ‘n groot jaar in die geskiedenis van Groblersdal met die opening van die Groblersdalse Junior Hoërskool, soos wat Hoërskool Ben Viljoen eers bekend gestaan het, tuis op sy 80 morge grond waarvan 49,5 morge reeds onder besproeiing was.
Gedurende 2021 het 'n projek, in samewerking met talle gemeenskapslede, tot stand gekom waar 14 onbewerkte hektaar op ons skoolterrein omskep is in 'n gemeenskapsboerdery. Met die gevolg, dat ons geseënd en bevoorreg was, om 'n oes van ongeveer 700 ton aartappels te kon verhaal. Hierdie aartappels is skyfieaartappels wat onder kontrak vir McCain geplant is waar al 14 hektaar onder spiltpuntbesproeiing was met water uit ons onderskeie opgaardamme.
Tydens 2024, is daar vir die eerste keer katoen op die lande geplant, en ons sien met groot afwagting uit na wat hierdie oes gaan oplewer.