MATRIEKUITSLAE:
2014: |
99.2% Slaagsyfer 107 onderskeidings 62% behaal universiteitsvrystelling |
|
2015: |
99.3% Slaagsyfer 147 onderskeidings 67% behaal universiteitsvrystelling |
|
2016: |
100% Slaagsyfer 143 onderskeidings 78% behaal universiteitsvrystelling |
|
2017: |
99.3% Slaagsyfer 105 onderskeidings 70% behaal universiteitsvrystelling |
|
2018: |
99.16% Slaagsyfer 74 onderskeidings 80% behaal universiteitsvrystelling |
100% slaagsyfer na hernasien |
2019: |
97% Slaagsyfer 73,6% universiteitsvrystelling |
|
2020: |
95.5% Slaagsyfer 132 onderskeidings 70,5% behaal universiteitsvrystelling |
|
2021: |
96.9% Slaagsyfer 87 onderskeidings 70% universiteitsvrystelling |
91 onderskeidings na hernasien |
2022: |
98.37% Slaagsyfer 89 onderskeidings 73.9% universiteitsvrystelling |
99 onderskeidings na hernasien |
2023: |
95.2% Slaagsyfer 67 onderskeidings 75.63% universiteitsvrystelling |
72 onderskeidings na hernasien asook 78% universiteitsvrystelling |
2024: |
95.5% Slaagsyfer 108 onderskeidings 77% universiteitsvrystelling |
MATRIEK PRESTASIES:
2013 : Nommer 3 onder die top 10 skole in Limpopo met 74% matrikulante wat universiteitsvrystelling verwerf.
2014 : Vierde groep matrikulante wat Elektriese Tegnologie as vak neem.
2015 : Nommer 1 onder die top 10 skole in Limpopo met 86.1% matrikulante wat universiteitsvrystelling verwerf.
2016 : Nommer 1 onder die top 10 skole in Limpopo met 78% matrikulante wat universiteitsvrystelling verwerf.
2017 : Nommer 1 onder die top 10 skole in Limpopo met 70% matrikulante wat universiteitsvrystelling verwerf.
2018 : Vierde beste leerling in Limpopo, Beste leerling in IT, Engels Eerste Addisionele taal en Meganiese Tegnologie. Top RTT-skool in die Sekhukhune distrik.
2019 : 3de op die ranglys in Limpopo met leerders wat universiteitsvrystelling verwerf het
2020 : Vierde beste leerling in Limpopo, Beste leerling vir vakke wat bydrae tot ekonomiese welvaart in die kategorie Meganies:Sweis. Nommer 3 onder top skole in Limpopo met 70.5% van leerlinge wat universiteitsvrystelling verwerf.
2021 : Nommer 1 in die kategorie 'Top Presterende Skool' tydens 2021 en verwerf ook die toekenning vir die nommer 1 posisie in die kategorie 'Skool wat tydens die afgelope drie jaar (2019-2021) die beste presteer het in Kwintiel 4-5'. Ons behaal ook ‘n 2de plek in die kategorie 'Beste Prestasie in kwaliteit Rekeningkunde gedurende 2021' sowel as ‘n 2de plek in die kategorie 'Beste Presterende skool' in terme van leerders wat ingeskryf was vir die matriekeindeksamen en met baccalareusgraad-vrystelling geslaag het tydens 2021.
2022 : Marné Kruger word aangewys as die leerder wat tydens 2022 se eerste kwartaal die beste presteer het in Wiskunde Geletterdheid terwyl Morgan Maeyane aangewys word as die beste atleet vanaf 2018-2022. Chanelle Smith ontvang die toekenning vir die beste leerder tydens kwartaal 1 van 2022 sowel as vir die beste prestasie in Afrikaans Huistaal. Marice Geyser ontvang die toekenning vir die beste prestasie in RTT tydens kwartaal 1 van 2022 terwyl Christian Booysen die beste prestasie in IGO ontvang. Malope Malatsi ontvang die beste prestasie in Gasvryheid terwyl Pierre de Waal die toekenning vir die beste prestasie in Tegniese Wiskunde ontvang.
2023: Nege van ons personeellede stap weg met die toekenning as beste onderwyser in hulle onderskeie vakgebiede: Me Iea Meyer - Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Me Anneke Snyman - Afrikaans Huistaal, Me Marelize Barnard - Rekenaartoepassingstegnologie, Me Christelle Nieman - Verbruikerstudies, Mnr Johan Cronje - Elektriese Tegnologie, Me Hannelie Erasmus - Engels Huistaal, Me Marianda van Jaarsveld - Inligtingstegnologie, Mnr Thinus Marais - Meganiese Tegnologie en Me Mareli de Klerk - Visuele Kuns. Ons spog ook met Pabalelo Kgolane en Kai Gerber wat onderskeidelik 'n tweede en derde plek in die distrik bekleë gebasseer op hulle graad 11-finale eksamenpunt. Hoërskool Ben Viljoen verwerf ook 'n tweede plek in die distrik met 'n 78% van ons matrikulante van 2023 wat Baccalaureus-graad toelating verwerf het.
ALGEMENE PRESTASIES:
Twee derdes van die matriekleerlinge neem Wiskunde as vak – van die hoogste persentasies in Limpopo. Wiskunde– en wetenskapafdelings is van die beste in Limpopo gebaseer op matriekuitslae.
Voltydse, toegewyde Wiskunde remediërende onderwysers vir graad 8 en 9 leerlinge wat sukkel met Wiskunde. Hierdie onderwysers werk individueel met ± 3 leerlinge op ‘n slag teen geen ekstra koste nie.
Hoërskool Ben Viljoen is een van min publieke Hoërskole in Limpopo met Drama en Visuele Kuns as vak.
Hoërskool Ben Viljoen is geregistreer as ’n volwaardige Tegniese skool met Meganiese- en Elektriese Tegnologie as vakke.